|
Sê nou net ek word gebore en ek is ’n eendagsvlieg sou ek wens dat my vlietende sekondes ure kon wees of dae of jare? Sou ek groen van jaloesie word op mikro-organismes wat drie dae lank leef sonder om te hoef te soek na ’n maatjie. (Hoe was gisteraand vir my? Nee goed en vir my?) En my niggie die huisvlieg vlieg ’n volle maand lank rond in ’n magdom vermorsde momente om te broei in ’n miskoek. Van aankoms na vertrek vir naaldekokers is daar vier propvol maande waarin hul glinsterend fladder en pronk. Sou ek meer afgunstig wees op die duur van hul vlug of op hul josefskleed? Vanuit my saamgestelde oogpunt probeer ek my indink oor die eindpunt van papegaaie want daardie termyn sleep een hele een honderd jaar lank verby. Nie dat ek nou van ’n muggie ’n boeing wil maak nie... Maar soos die kraai vlieg is dit die Groot Knal gelede vir ’n eendagsvlieg. |
Imagine I’m born and I’m a mayfly would I wish my fleeting seconds could stretch to hours, or days, or years? Would I turn green with envy at microbes that live three whole days, without the need to hunt for a mate? (How was last night for me? Oh, fantastic and for me?) My cousin, the housefly, buzzes a full month long, in a swarm of squandered moments, to breed in a dungheap. From arrival to departure, for dragonflies, there’s four packed months to flit and flaunt their splendour. Would I envy more the length of their flight or their iridescent coats? From my compound-eyed view, I try to fathom the endpoint of parrots, whose term drags on for as long as a whole one hundred years…. Not that I’d turn a gnat into a jumbo jet, mind you… But as the crow flies, that is as distant into the past as the Big Bang for a mayfly. |
|
dan is daar ’n afstammeling van ’n doodeenvoudige organisme met die vermoë om homself te herskep hierdie polietse meneer (of mevrou) het ’n netjiese tydbom waarmee sy haarself kan verdrieduisenddubbel dieselfde selle vervorm herhaaldelik van kwal na poliep die sambreel vou toe en word heel saam met die tentakels ingesluk ma word kind en kind word ma oor en oor en oor en oor om nimmereindigend en vir ewig uit die dood uit op te staan in daardie geval net miskien sal ek eerder vergaan. |
Then there’s a descendant of a humble organism with the power to remake itself. This polite creature bears a precise time bomb to multiply a thousandfold. The same cells transform, time and again, from jelly to polyp. The bell collapses wholly swallowed, with its tentacles. Mother becomes child, child becomes mother, over and over again, rising evermore from death itself. In that case, just perhaps, I’d rather die. |
|
Tientalle weergawes van die vier-en twintig uur van hierdie dag liewe aarde, sou ’n mens kon uitroep: elke sekonde is belangrik! ons almal noteer ons volgepropte epiese reise: en toe eet ek ontbyt en toe maak ek reg vir werk en toe gaan stap ek of slenter rond en neem ’n selfie hou myself besig met onbenullighede maar dink aan die lewe en aan almal wat al dood is sien vreemde dinge op my wandeltog - peusel aan beelde tien van die en tien van daai dan sommer veertig van die ander en neem ’n selfie stop en eet eers iets ligs of maak praatjies oor dit en dat en dink aan ou en nuwe liefdes droom dagdrome en wonder wat alles ek nog kan uitblaker ek gebruik my wapens van massakommunikasie gewoonlik in die oortreffende trap ek deel my gedagtes by wyse van spraak, skrif en potgooi en neem ’n selfie feit is: algaande verleer ek om my woorde versigtig te kies, die gedagtes te rangskik dus (vir impak) maak ek bykomend ’n grappie aan die einde en wens dat ek iemand gehad het om ontbyt voor te maak. |
Dozens of versions of the twenty-four hours that make up this day, dear merciful earth, one might cry out in awe: every single second carries weight! We meticulously record our overstuffed, epic journeys: and then I ate my breakfast and then I got ready for the day’s work and then I went for a walk, or rather, I sauntered aimlessly about, and took a selfie I kept myself busy with the tiniest trivialities, but I thought about life and all those who have passed on. I saw the oddest things on my wanderings and I nibbled at these images, ten of this kind, ten of that, then, all of a sudden, forty of another sort altogether and I took a selfie I ate something light – and I made small talk about this and that, and I thought about past and future loves dreaming daydreams about what might have been and I wondered what all I could still blurt out because I wield my weapons of mass communication in the superlative degree I share my thoughts through speech, through writing, through blogging and I take a selfie But the fact is: bit by bit, I forget how to choose my words carefully, how to neatly arrange my thoughts and so, (for impact) I toss in a joke at the end and I wish that there was someone to make breakfast for. |
|
Daar word gesê: toerusting van hout of been of klip waarmee ons kon koning kraai het gelei tot homo habilis die aap wat kon maak. Daar word gesê: rotswand tierlanttekens uit rooi en oker pigmente waarmee ons beteken is het gelei tot homo erectus die aap wat kon praat. Daar word gesê: kleurvolle halssnoere van skulp of saad of ivoor waarmee ons kon pouveer sprei het gelei tot homo sapiens die aap wat kon dink. Daar word gesê: die wêreldwyeweb vir opgaar van feite en geite en verdraaiings waarmee ons algoritmies kommunikeer het gelei to homo sapiens sapiens die tropdier wat ’n na-aper is. |
It is said: tools of wood, bone, or stone, with which we could reign as kings, led to Homo habilis, the ape that could make. It is said: rock-wall artistry of red and ochre pigments, with which we became meaningful, led to Homo erectus, the ape that could communicate. It is said: colorful necklaces of shell, seed, or ivory, with which we could preen, led to Homo sapiens, the ape that could think. It is said: the worldwide web, for gathering facts, fictions, and distortions, with which we propagate algorithmically led to Homo sapiens sapiens the ape that apes. |
|
Die Filistyne kom en Dawid is dood wie gaan die klip gooi wie gaan my red my wêreld word dieper as die dermis gekwes stort reusagtig ineen en land in ’n rojale staat van beleg die nuwe nou van ’n donker eeu waar die slinger swaai en swaai in ’n tweegeveg tussen klein en groot lewe en dood vetsug en hongersnood. Die massa wys ’n duisend woke vingers na arrogante Goliat. Tientalle vroue skree me too me too tronk toe met jou. Hy lag hulle uit en skop domastrant ’n stofstorm oop. O Jesaiah. O Jeremia. Die Filistyne kom en Dawid is dood. |
The Philistines are coming and David is dead. Who’ll sling the stone to take the crown? Who’ll pull me from this burning mess? My world caves in, a raw distress, Cut deep where wounds still bleed and sting, Crashing hard in a broken ring, Locked in a corporate state of siege. A new day dawns, a grim regime, Where slings spin fast in a rebel hum, In clashes of small against the sum— Life and death, greed and empty plates, Gluttons feast while hunger waits. The masses raise a million woke fists, Aiming at Goliath, where power persists. Women roar, “Me too! Me too! Jail that creep, your time is through!” He sneers, all smug and brash, Kicks up a dust storm, spitting trash. O prophets, scream! O voices, cry! The Philistines are coming, their drones fill the sky— And David, our spark, has burned and died. |
|
Ek veronderstel: As jy vir ’n stoel goeiemore sê dan praat jy met jouself. Ek veronderstel: praat is brabbel tensy die soet prikkel van dink spring van vel na tong en terug tot blink gedagtes in ’n vloed van betekenis golf en met die anker van taal ’n woord kan grondves Ek veronderstel : kontak is van dink na woord van woord nadink en ás ‘n woord die begin was dan sou hy met sy geboortekreet geskree en geskree het "ek hang in die lug byt my vas troetel my met jou tong iemand asseblief" Ek veronderstel: ’n mens sê nie tot siens aan ’n verslete stoel nie jy gooi hom weg. Ek veronderstel: as ’n stoel vir jou goeiemore sê dan ignoreer jy hom. |
I suppose: If you say good morning to a chair, you are talking to yourself. I suppose: Speech is mere babble, unless the sweet sting of thought leaps from skin to tongue and back, till gleaming ideas surge in a flood of meaning— caught by the gravity of language to root in the world. I suppose: Contact flows from thought to word, words reflect back to thought. And if a word was the genesis, its birth cry would echo: I am adrift in the void, seize me with your teeth, cradle me in the curve of your tongue, someone, please. I suppose: You don’t say goodbye to a threadbare chair you cast it aside. I suppose: If a chair says good morning to you you simply ignore it. |
|
Nee. Ek tel nie my tone nie. Ek bepeins die beginsel van die dinkproses Ek sit en wag vir net een tydlose gedagte. Ek dink: om te wag vir dinge om gestalte te kry voor ’n mens besluit om te besluit is om alles vanself te laat gebeur en as alles in elk geval vanself gaan gebeur kan ek myself net sowel vermaak kan ek net sowel my tone tel. |
No, I’m not counting my toes. I’m pondering the principle of thought itself. I’m waiting for just one timeless idea. I’m think: waiting for things to form before deciding to decide is to let it all happen on its own. And if it’s all going to happen on its own anyway, I might as well amuse myself, I might as well count my toes. |
|
Ek vertrou die liefde nie meer nie want binne een hartklop stop die wedersydsheid wat óns was en voor ek my oë uitvee het geen vraag meer ’n aanvaarbare antwoord nie en al my ou vrese word opnuut besweer maar ek het nog ’n nag oorleef. Ek vertrou die vrede nie meer nie want al wat leef en beef versamel wapens vir massavernietiging gesinne sit in sitkamers ervaar die nuusbrokkies staar onbetrokke na die skouspel van geweld en vergieting maar ek het nog ’n nag oorleef. Ek vertrou die lewe nie meer nie slegs wat skaars is, is waardevol in so ’n oorvloed is die mens doodeenvoudig ’n luukse ’n parasiet wat met kiemdoders vernietig behoort te word voor dit te laat is maar ek het nog ’n nag oorleef. |
I no longer trust love— No, I no longer trust— for in a single beat, our reciprocity ended, and before I could wipe my eyes, no question had an answer left— just old fears, newly fed. But I survived the night. I no longer trust peace— No, I no longer trust— while all that lives and breathes hoards fire, steel, and death. Families sit, half-alive, chewing scraps of news, numb to the spectacle: another wound, another bruise. But I survived the night. I no longer trust life— No, I no longer trust— only scarcity holds worth. In this glut, humankind is just excess, a blight— a parasite scrubbed clean with disinfectant light before the clock strikes right. But I survived the night. |
|
neem my terug moeder net tot vannag toe wil ek grootoog tjoepstil agter jou voorskoot skuil of kring my in jou arms vas net tot vannag toe wil ek duim in die mond op jou skoot kom krul wieg my wind my droog my kind my neem my terug moeder net tot vannag toe wil ek my hele wêreld vul |
take me back mother just for tonight wide-eyed, dead quiet, I want to be sheltered by your apron. or encircle me in your arms, just for tonight thumb in my mouth, I want to curl up on your lap sooth me lull me cradle me baby me take me back, mother, just for tonight, I want to fill my entire world. |
|
Ek staan met skrefies oë voor die spieël om te kyk hoe ek lyk wanneer ek slaap en ek lyk anders, half dood maar daardie vleis is nog lewendig ’n vinger roer, die ribbes gaan op op en af ek is dieselfde as ek en tog behoort my sintuie nie meer aan my nie miskien slaap ek wel want die lippe in die spieël roer sonder myne en my vriendelike stem sê: jy lyk soos ’n lyk lyk. |
I stand with slitted eyes in front of the mirror to see what I look like when I sleep— and I look different, half-dead, yet that flesh still lives: a finger twitches, the ribs rise rise and fall. I am the same as I’ve always been, and yet my senses no longer belong to me. Perhaps I am asleep— for the lips in the mirror move without mine, and my kindly voice says: You look like the carbon copy of a corpse |
|
seer uitdruklik baar ek na ’n driekwart jaar se draende herberg onfatsoenlik vinnig skoert jy skree-skree deur my jou eie lewe in skaars ’n half-uur groot en ’n gewigtige statistiek vertel: jy – ses pond agt onse een-en-twintig duim is op 13 november om vyf voor agt in die aand met die helm gebore en ander: blank twee ore oë arms bene een neus een mond tien vingers tien tone alles gesond jy los my so léég ek soek na jou as ek my eie voete meteens weer van bo af kan aanskou |
Deliberately I bear after three-quarters of a year of harboring weight indecently swiftly you burst through me, into your own howling life barely half an hour old the weighty ledger unfolds: six pounds eight ounces twenty-one inches november 13th five to eight in the evening you were born with the caul and more: white two ears, eyes arms legs one nose, one mouth, ten fingers ten toes all proclaimed whole You leave me hollowed groping for your shape— when suddenly my own feet startle back into view. |
|
My wêreld word oud en al hoe minder volhoubaar en steeds het dit nie ’n jota teerheid nie. Die profetiese kalender hou my aan ’n lyntjie maar vleg rustig aan ’n string kosmiese pêrels. O daar’s ’n skeur in die weefsel van tyd en onsigbare swaartekraglyne beweeg verbete in gelid. Want op ons kosbare blou planeet weet ons die heelal versnel - of stort in ’n swart gat in. En ek lewe in die skaduwees van verlore liefde hoopvol vir verandering dalk nog ’n kans? tog net nie ek nie! Ek onderhandel met my hemelse kredietbalans… Maar die stem op die foon sê: u is 2025 ste in die ry terwyl ’n vrolike deuntjie oor en oor speel |
My world grows old and less sustainable by the day, yet still it holds not a shred of tenderness. The prophetic calendar strings me along with lies, while quietly threading cosmic pearls. Oh, there’s a rift in the fabric of time invisible gravity-lines surge, relentless, in formation. For here on our precious blue planet, we know the universe accelerates—or spirals into a black hole. And I dwell in the shadows of lost love, clinging to hope for change— perhaps one last chance? let it not be me! I haggle with my celestial ledger… But the voice on the phone drones: You are 2025th in the queue while a cheerful little tune loops endlessly. |
|
al langs die kuslyn vertel die verlede sy storie in ’n dooie strook waar enkelsel organismes om oorlewing spook al langs die kuslyn versmoor miljoene skulpdiere as hulle vergeefs in die suur stof na suurstof snak voor hulle sterwend na die bodem sak al langs die kuslyn spoel verminkte visse en voёls as opdrifsels in die sand uit verstrengel in die groot mensgemaakte rommelhoop maar hierdie ondeurdagte moord van als wat leef en sou kon liefhê is nie eens ’n kwart van die dead zone in my hart nie |
along the coastline, the past tells its tale in a lifeless strip where single-celled creatures battle to survive. along the coastline, millions of shellfish choke — gasping for air in vain through acidic rain before sinking lifeless to the depths. along the coastline, mangled fish and birds wash ashore, stranded in the sand, entangled in the great man-made heap of trash but this thoughtless slaughter of all that lives and could have loved isn’t even a quarter of the dead zone in my heart |
|
Om die skat van woorde uit ’n dooie taal te onsyfer fynkam die argeoloog spykerskrifstrepies op stukkies potskerf okerrooi gekeep tussen voormens oorblyfels. Lewend weet sy was dit propvol vernuftige verbindingslyne. Dood is dit stom betekenis in sy spoor gestol of gevul met misverstand onbereikbaar nes ’n gewese geliefde. Vir insig soek sy noukeurig van links na regs en andersom. van bo na onder en andersom. Sy is hiper bewus dat so ‘n artefak ’n kruik vol simboliese rykdom kan wees die inskripsie tekenend van die vrugbare moeder-godin. Sy wonder opgewonde: sif sy versigtig deur aanwysing of seremonie? Is wat sy sien slegs rigtingaangewend? Of miskien ’n hulproep tot die gode? Plotseling maak die rekonstruksie sin sit die betekenis op die punt van haar tong en sy lees die verlede letterlik verbatim en dit sê sedig: Een kraf varkvet. |
To decipher the treasure of words from a tongue long stilled, the archaeologist sifts cuneiform whispers on clay fragments, ochre-glowed, etched amid relics of prehuman kin. Alive, she senses, it pulsed with intricate threads. Dead, it lies voiceless, meaning snared in its wake, or tangled in misread shadows, unattainable, like a lover lost to time. For revelation, she probes with care, left to right, and back again, top to bottom, and back again. She’s keenly attuned— this relic could cradle a vessel brimming with sacred signs, its markings chanting the fertile mother-goddess. Her heart quickens: Does she trace a clue or a ritual’s pulse? Are these mere guides for direction? Or a plea cast to the divine? Then, in a flash, it aligns— meaning dances on the edge of her tongue, and she speaks the past, word for word, its truth laid bare: One jar of pig fat. |
|
’n Mossie is - verbatim uit Pharos: ’n geveerde mét vlerke tweebenige warmbloedige eier-lêende gewerwelde dier. En les bes 150 miljoen jaar oud. Jy kan my met ’n veertjie omtik. Voёlkenners verwys neerhalend na ‘little brown jobs’ so alomteenwoordig en vervuil is hulle behalwe in Antartika (te koud) en Londen (reeds uitgesterf). Maar ons en hulle is voёls van eenderse vere. Die jaar loop uit en ek voel so dood soos ’n mossie asof daar grade van dood kan wees asof ’n mossie meer dood as ’n duif kan wees of byvoorbeeld dooier as ’n mens. |
Sparrows, according to Pharos, Are feathered, winged, warm-blooded, egg-laying vertebrates, perhaps 150 million years old? You could knock me over with a feather. Ornithologists dismiss the “little brown jobs,” so common, so defiling absent only in Antarctica (too cold) and London (already extinct). But we’re birds of a feather, they and I. As the year wanes, I feel as dead as a sparrow— as though death had degrees, as if a sparrow could be deader than a dove, or even more dead than a person. |
|
Dit het Tyrannosaurus Rex tweehonderdmiljoen jaar geneem om ’n voël te word wensbeen en al geen haan het daaroor gekraai nie want soms is dit voordelig vir oorlewing om klein te wees. Nou sit ek myself in sy kop en ek dink – as Oupa Rex vandag na sy kuikens in hulle hokke kon kyk en sien hoe die kolonel daagliks in sy kitskoswinkels minstens tweehonderd miljoen klein amputasies verkwansel... Sou hy die geen in sy oorlewingsplan heroorweeg en sou hy homself met ’n helse geskud van vere van die naaste kerktoring te pletter val. |
It took Tyrannosaurus Rex two hundred million years to turn into a bird, wishbone and all. No rooster told on him, because sometimes, in order to survive, it’s better to be small. But if Grandpa Rex could see his chicks today, cooped up in their cages, and watch the colonel flog at least two hundred million tiny amputations daily… I wonder: would he rethink the gene in his survival plan? Would he, with a hellish shake of feathers, hurl himself from the nearest church steeple to smash to the ground below? |
|
Om te begin by die einde: op ’n dag amper presies soos vandag êrens in ’n kosmos iewers anderkant ongebreidelde melkweë triljoene en triljoene ligjare weg dáár ontplof ’n onbeskofte ster en stuur massiewe gammastrale isotropies tog speels die ruimtes in perfek onder andere in ’n botsingsbaan met die aarde een breukdeel van ’n sekonde later pols die skokgolwe en vang ons in ’n onverwagse dood waar jy en ek in ’n oombliklike klimaks saamsmelt in iets so oneindig meer permanent as die lewe. |
To begin at the end: on a day almost exactly like today somewhere in a cosmos someplace beyond unfettered Milky Ways trillions upon trillions of lightyears away there a brazen star explodes and sends massive gamma rays isotropically yet playfully into space perfectly among other things on a collision course with Earth a fraction of a second later the shockwaves pulse and catch us in an unforeseen death where you and I in one instantaneous climax merge into something so infinitely more permanent than life. |
|
Die botoon speel al te danig en intiem ’n dominante voetjie voetjie in akkoord met volronde oktawe maar die ondertoon smag na ’n breukdeel van ’n mineur ’n kruis – nee ’n mol of sommer albei om die toonhoogte effens op te jazz op en af met die toonlere: heel heel half, heel heel half dans ons op bokasletters op note wat voortstoom agt keer vorentoe agt keer terug maar o so voorwaardelik of onbeantwoord en kwesbaar soos net jy kan wees. |
The lead tone plays, intimately tumbling over itself a dominant footsie-footsie in harmony with full, rounded octaves. But the undertone yearns for a fraction of a minor, a sharp—no, a flat or maybe both— to bend the pitch toward blues, practicing scales up and down: whole whole half, whole whole half, we dance on capital letters, on notes charging forward, eight steps ahead, eight steps back— yet oh so conditional, or unreturned and vulnerable, the way only you can be. |
|
Al is die skelet en skedel meer bestand teen aanslae van buite as die weekdele alleen al bly die geraamte oorwegend dieselfde been van my been. Al spoeg ek herhaaldelik stukkies uit verslyt verbrysel en kapot vir die aasvoëls die tandmuis die graf in hulle moer in bederf en verrot. Al versplinter en spat die skerwe uit hul raam vergeel die kalkwit pitte met tyd asem ’n klaaglied nou sonder roosmaryn die gebit verslind met valse byt. Al raak ek amper te oud vir die daaglikse stryd watch my maar stip want ewe bedees eendag nie te ver van nou af nie gaan ek ’n sexy lyk met ’n passion gap wees. |
Though skeleton and skull stand firm and strong, Outlasting flesh that falters and is gone, The framework holds, unyielding, much the same, Bone of my bone, still etched with my name. Though I spit out shards, cracked, worn, and spent, Relentless ruin, ground by time’s descent, For vultures, tooth-fairy, or grave’s decay, They rot in filth, no glory, cast away. Though splinters burst and scatter from their frame, The pearly whites turn yellow, stained by time, A dirge now sighs, no rosemary to mend, False teeth snap weakly, crumbling in the end. Though I’m near too old for this daily fray, Watch close—I’m quiet, but don’t be swayed: Soon, not far from now, I’ll steal the scene, A sultry corpse with a passion gap’s gleam. |