Bedankings
Ek wil met diepe waardering die magdom mense bedank wat gehelp het om hierdie digitale
bundel sy plek in die kuberruimtes te gee.
Die program “Eendagsvlieg en ander vlietende gedagtes”, saamgestel en geregisseer deur
Henriëtta Gryffenberg, is tydens die Woordfees 2024 opgevoer. Sonder haar sou hierdie
program eenvoudig nie bestaan het nie.
- Die voorlesing van die verse is met sorg en talent gedra deur Henriëtta Gryffenberg
en Anna-Mart van der Merwe.
- Die visuele landskap en digitale ontwerp is meesterlik geskep deur Michèle Nigrini
en Karin Hougaard.
- Die opvoerings sou nie moontlik gewees het sonder die hulp van Saartjie Botha nie.
- Die webwerf is met kundigheid gebou deur my dogter, Marisa Robson.
- Die opname van die konsert (en Herklaas die Movie) is met groot vakmanskap
gedoen deur Erina Niemand.
- ’n Spesiale dank aan Lloy O’Connor vir die klank.
- Die verfilming is moontlik gemaak met liefde van Jaco Loubser en Paul Venter van
Homebrew Films.
Laastens, maar met besondere dankbaarheid, wil ek my sussie Ellen Botha noem – sy het
min of meer soos my eie persoonlike reklameagent opgetree en my onophoudelik
ondersteun.
Uit my hart: dankie aan elkeen van julle.
Rosa Keet. November 2025
Terug na bo | Terug na tuisblad